Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE
"Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE [boodskap #10734] Do, 11 September 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie

Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.

Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.

Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.

Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Re: "Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE [boodskap #10831 is 'n antwoord op boodskap #10734] Sa, 20 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Nils Zonneveld  is tans af-lyn  Nils Zonneveld
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

> LIED VAN DIE LENTE
> Anna-Marie Conradie
>
> Ek wou jou al vertel het:
> die lente het sy intrek
> in my pophuisklein tuintjie kom neem
> die spinnekop (getroue ekowerker)
> speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
>
> Ek wou jou al vertel het,
> maar my verkluimde winterhart hou my
> nog in diep oorwintering;
> my breindendriete gestol tot yskristal
> lê nog vergete op Pluto.
>
> Ek wou jou al gevra het:
> speel vir my die klaviersonates van Mozart;
> die allegro's sal die winterys smelt
> kabbelend laat vloei in andanteriviere -
> onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
>
> Speel tog vir my Mozart
> dat die Namakwalandgeel
> weer oordadig wulps
> in my hart oopkelk en blom.

Heel mooi. Ik ben alleen jaloers: hier gaan we zo zoetjes aan het
winterseizoen beginnen.

Nils
--

"Misschien is niets geheel waar en zelfs dat niet"
Multatuli - Eduard Douwes Dekker.
Vorige onderwerp: "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Prospekteer" deur G.J.H. SAUERMANN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:00:55 MGT 2024